A Travellerspoint blog

Ontdekkings

Discovering the meaning of doing something for a meaning.

sunny 26 °C

Hierdie is offisieel my heel eerste blog...
Ja dit is dalk al bietjie laat om nou te begin , aangesien ek al sowat 19 maande op die toergogga se rug ry. En aangesien ek nou eers Internet geletterdheid begin ontdek.
Om klaar te maak op Universiteit nadat jy 4 jaar geswot het en basies absoluut niks nuuts geleer het nie, behalwe om lekker te party en jou vriende te ontdek , en iets te swot wat jy nooit eintlik 'n passie voor gehad het nie, Maar op die ou einde te ontdek, dat ABSOLUUT niks toevallig is nie...
Dit is waar my 4 jaar van studies , en kuier en 'n "bachelors Degree" my vandag laat beland het...
THAILAND.

Voor ek begin met my avonture in Thailand wil ek terugspring na my jaar in ENGELAND...London. Wat 'n jaar. Ekt defnitief meer ontdek , geleer, van lewe , myself en mense as wat ek 4 jaar op UNI ooit sou of kon leer. London was tough, veral vir 'n plaasmeisie, van Kiepersol , wat tussen die piesangbome groot geword het. Maar dit was die beste ding ooit in my lewe, en weereens se ek Dankie aan die PUK vir my onderwys graad en die Britse pond wat my gelei het tot 'n ontdekking van MYSELF.

So het ek toe mos begin skoolhou in London, vir klein Satan kindertjies wat uit die hel uit gekom het , om my 'n wake-up call te gee, en my tot die uiterste toe te dryf. Ek sweer ek kan nie verstaan hoe sulke kinders gekweek word nie. Maar so leer jy van mense en dinge en lewe. London, dis mos die plek waar jy ponde verdien en die mense in posh Engels praat en waar mense nie arm is of steel of moor nie. Wel die prentjie was nie heeltemal wat geskep is in my kop uit die monde van Suid-Afrikaners nie. Verskillende rasse, gelowe, en kulture, almal ingedruk in een groot Stad, en die diversiteit is soos iets uit 'n movie...London is nie wat ek gedink het nie. Daar kan jy alles kry...alle soorte ...alle moeilikhede en al die lesse wat jy wil leer. London kan jou verander. Maar net tot sover jy wil verander. London maak defnitief jou oe oop....En dis 'n goeie begin vir 'n ontdekking "to do something for a meaning" !!

Watch this space!!

Posted by Umelda 00:24 Archived in Thailand Tagged educational Comments (0)

(Entries 1 - 1 of 1) Page [1]